Vlag van Uruguay

Vlag van Uruguay
Vlag van Uruguay
Vlag van Uruguay
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 11 Julie 1830[1]
Ontwerp Nege horisontale bane in wit en blou afwisselend met ’n goue Meison in die skildhoek.
Ontwerp deur Joaquin Suárez

Die nasionale vlag van Uruguay (Spaans: Pabellón Nacional) is op 11 Julie 1830 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon nege horisontale bane in wit en blou afwisselend met ’n goue Meison in die skildhoek.

Die nasionale vlag van Uruguay is een van die drie amptelike vlae van Uruguay, die ander twee is die vlag van José Gervasio Artigas en die vlag van die Treinta y Tres. Dit bestaan uit ’n veld van nege gelyke horisontale bane, afwisselend in wit en blou. Die skildhoek is wit, met die gesentreerde Meison, waarvan 16 strale strek, afwisselend driehoekig en golwend.[2] Die vlag is op 16 Desember 1828 amptelik goedgekeur en het tot op 11 Julie 1830 19 bane getoon, toe ’n nuwe wet die aantal bane tot nege verminder.[3] Die vlag is deur Joaquín Suárez ontwerp.[2]

  1. "Uruguay" (in Engels). Flags of the World. 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2018. Besoek op 21 Mei 2019.
  2. 2,0 2,1 "Uruguay". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 21 Mei 2019.
  3. "Flag of Uruguay" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 21 Mei 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne